|
|
|
|
Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging
Regulasies Betreffende Eksamens van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging: Wysiging
Die Minister van Gesondheid het kragtens artikel 45(1) van die Wet op Verpleging, 1978 (Wet No. 50 van 1978), op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging, die regulasies in die Bylae uitgevaardig.
BYLAEWoordomskrywing1. In hierdie Bylae beteken “die Regulasies” die regulasies afgekondig by Goewermentskennisgewing No. R. 7 van 8 Januarie 1993, soos gewysig by Goewermentskennisgewings Nos. R. 2174 van 19 November 1993, R. 16 van 3 Januarie 1997, R. 60 van 17 Januarie 1997, R. 612 van 6 Julie 2001 en R. 706 van 22 Julie 2005.
Wysiging van regulasie 16 van die Regulasies2. Regulasie 16 van die Regulasies word hierby gewysig deur – (a) in paragraaf (a) die uitdrukking “R100,00” deur die uitdrukking “R110,00” te vervang; (b) in paragraaf (b) die uitdrukking “R100,00” deur die uitdrukking “R110,00” te vervang; (c) in paragraaf (c) die uitdrukking “R50,00” deur die uitdrukking “R55,26” te vervang; en (d) in paragraaf (e) die uitdrukking “R200,00” deur die uitdrukking “R219,30” te vervang.
Inwerkingtreding van hierdie regulasies3. Hierdie regulasies tree in werking vier maande na die datum van publikasie in die Staatskoerant.
(Geteken)
|
|
© 2004 - 2011 South African Nursing Council
(Established by the Nursing Act, 1978) |