|
|
|
|
[ Uit die Engelse kennisgewing vertaal ]
Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging
Regulasies Betreffende Rolle vir Leerlingverpleeghulpe: Wysiging
Die Minister van Gesondheid het kragtens artikel 45(1) van die Wet op Verpleging, 1978 (Wet No. 50 van 1978), op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging, die regulasies in die Bylae uitgevaardig.
BYLAEWoordomskrywing1. In hierdie Bylae beteken “die Regulasies” die regulasies afgekondig by Goewermentskennisgewing No. R. 1833 van 20 Oktober 1972, soos gewysig by Goewermentskennisgewings Nos. R. 1649 van 20 September 1974, R. 2211 van 31 Oktober 1980, R. 819 van 30 April 1982, R. 1128 van 23 September 1999 en R. 705 van 22 Julie 2005.
Wysiging van regulasie 2 van die Regulasies2. Regulasie 2 van die Regulasies word hierby gewysig deur in subregulasie (1) die uitdrukking “vyf-en-sewentig rand (R75,00)” deur die uitdrukking “twee-en-tagtig rand en ses-en-veertig sent (R82,46)” te vervang.
Wysiging van regulasie 4 van die Regulasies3. Regulasie 4 van die Regulasies word hierby gewysig deur in subregulasie (1) die uitdrukking “vyf-en-sewentig rand (R75,00)” deur die uitdrukking “twee-en-tagtig rand en ses-en-veertig sent (R82,46)” te vervang.
Inwerkingtreding van hierdie regulasies4. Hierdie regulasies tree in werking op die datum van publikasie in die Staatskoerant.
(Engelse weergawe geteken)
|
|
© 2008 South African Nursing Council
(Established under the Nursing Act, 2005) |