|
|
|
|
Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging
Regulasies Betreffende Rolle vir Verpleeghulpe: Wysiging
Die Minister van Gesondheid het kragtens artikel 45(1) van die Wet op Verpleging, 1978 (Wet No. 50 van 1978), op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging, die regulasies in die Bylae uitgevaardig.
BYLAEWoordomskrywing1. In hierdie Bylae beteken “die Regulasies” die regulasies afgekondig by Goewermentskennisgewing No. R. 1206 van 7 Julie 1972, soos gewysig by Goewermentskennisgewings Nos. R. 1267 van 27 Julie 1973, R. 1856 van 8 Oktober 1976, R. 190 van 2 Februarie 1979, R. 2209 van 31 Oktober 1980, R. 817 van 30 April 1982, R. 2032 van 24 September 1982, R. 1421 van 1 Julie 1983, R. 1904 van 23 September 1988, R. 2193 van 6 September 1991, R. 1323 van 23 Julie 1993, R. 1129 van 28 Julie 1995, R. 1129 van 23 September 1999, R. 1303 van 5 Desember 2001, R. 150 van 24 Januarie 2003, R. 860 van 13 Junie 2003 en R. 704 van 22 Julie 2005.
Wysiging van regulasie 2 van die Regulasies2. Regulasie 2 van die Regulasies word hierby gewysig deur – (a) In subregulasie (2)(a)(vi) die uitdrukking “driehonderd rand (R300)” deur die uitdrukking “driehonderd agt-en-twintig rand en vyf-en-negentig sent (R328,95), BTW uitgesluit” te vervang; en (b) In subregulasie (2)(b)(i) die uitdrukking “vyftig rand (R50) ten” deur die uitdrukking “vyf-en-vyftig rand en ses-en-twintig sent (R55,26), BTW uitgesluit, ten” te vervang; en (c) In subregulasie (2)(b)(ii) die uitdrukking “tweehonderd rand (R200) ten” i deur die uitdrukking “tweehonderd-en-negentien rand en dertig sent (R219,30), BTW uitgesluit, ten” te vervang.
Wysiging van regulasie 3 van die Regulasies3. Regulasie 3 van die Regulasies word hierby gewysig deur die uitdrukking “eenhonderd-en-elf rand en veertig sent (R111,40)” in subregulasie (1) deur die uitdrukking “eenhonderd-een-en-twintig rand en drie-en-negentig sent (R121,93)” te vervang.
Wysiging van regulasie 5 van die Regulasies4. Regulasie 5 van die Regulasies word hierby gewysig deur – (d) In subregulasie (1)(a) die uitdrukking “twee-en-vyftig rand en drie-en-sestig sent (R52,63deur die uitdrukking “agt-en-vyftig rand en sewe-en-sewentig sent (R58,77)” te vervang; en (e) In subregulasie (1)(b) die uitdrukking “eenhonderd-een-en-tagtig rand en agt-en-vyftig sent (R181,58)” deur die uitdrukking “eenhonderd-nege-en-negentig rand en twaalf sent (R199,12)” te vervang.
Inwerkingtreding van hierdie regulasies5. Hierdie regulasies tree in werking op die datum van publikasie in die Staatskoerant.
Oorgangsreëlings6. Regulasie 3 van hierdie regulasies is nie van toepassing nie op jaarlikse gelde ten opsigte van – (1) die 2006-kalenderjaar; en (2) die 2007-kalenderjaar indien die jaarlikse gelde voor die publikasiedatum van hierdie regulasies betaal is.
(Geteken)
|
|
© 2004 - 2011 South African Nursing Council
(Established by the Nursing Act, 1978) |