|
|
|
|
Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging
Regulasies Betreffende Rolle vir Ingeskrewe Verpleegsters en Vroedvroue: Wysiging
Die Minister van Gesondheid het kragtens artikel 45(1) van die Wet op Verpleging, 1978 (Wet No. 50 van 1978), op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging, die regulasies in die Bylae uitgevaardig.
BYLAE1. In hierdie Bylae beteken “die Regulasies” die regulasies afgekondig by Goewermentskennisgewing No. R. 3588 van 24 Oktober 1969, soos gewysig by Goewermentskennisgewings Nos. R. 1205 van 7 Julie 1972, R. 773 van 11 Mei 1973, R. 1855 van 8 Oktober 1976, R. 189 van 2 Februarie 1979, R. 2208 van 31 Oktober 1980, R. 816 van 30 April 1982, R. 1420 van 1 Julie 1983, R. 1903 van 23 September 1988, R. 2195 van 6 September 1991, R. 1321 van 23 Julie 1993, R. 1130 van 28 Julie 1995, R. 1127 van 23 September 1999, R. 1304 van 5 Desember 2001, R. 151 van 24 Januarie 2003, R. 858 van 13 Junie 2003 en R. 703 van 22 Julie 2005.
Wysiging van regulasie 2 van die Regulasies2. Regulasie 2 van die Regulasies word hierby gewysig deur – (a) in subregulasie (2)(a)(vi) die uitdrukking “driehonderd rand (R300)” deur die uitdrukking “driehonderd-agt-en-twintig rand en vyf-en-negentig sent (R328,95), BTW uitgesluit” te vervang; en (b) in subregulasie (2)(b)(i) die uitdrukking “vyftig rand (R50) ten” deur die uitdrukking “vyf-en-vyftig rand en ses-en-twintig sent (R55,26), BTW uitgesluit, ten” te vervang; en (c) in subregulasie (2)(b)(ii) die uitdrukking “tweehonderd rand (R200) ten” deur die uitdrukking “tweehonderd-en-negentien rand en dertig sent (R219,30), BTW uitgesluit, ten” te vervang.
Wysiging van regulasie 3 van die Regulasies3. Regulasie 3 van die Regulasies word hierby gewysig deur in subregulasie (1) die uitdrukking “eenhonderd-sewe-en-twintig rand en negentien sent (R127,19)” deur die uitdrukking “eenhonderd-nege-en-dertig rand en sewe-en-veertig sent (R139,47)” te vervang.
Wysiging van regulasie 5 van die Regulasies4. Regulasie 5 van die Regulasies word hierby gewysig deur – (d) in subregulasie (1)(a) die uitdrukking “twee-en-vyftig rand en drie-en-sestig sent (R52,63)” deur die uitdrukking “agt-en-vyftig rand en sewe-en-sewentig sent (R58,77)” te vervang; en (e) in subregulasie (1)(b) die uitdrukking “eenhonderd-sewe-en-negentig rand en sewe-en-dertig sent (R197,37)” deur die uitdrukking “tweehonderd-en-sestien rand en sewe-en-sestig sent (R216,67)” te vervang.
Inwerkingtreding van hierdie regulasies5. Hierdie regulasies tree in werking op die datum van publikasie in die Staatskoerant.
Oorgangsreëlings6. Regulasie 3 van hierdie regulasies is nie van toepassing nie op jaarlikse gelde ten opsigte van – (1) die 2006-kalenderjaar; of (2) die 2007-kalenderjaar indien die jaarlikse gelde voor die publikasiedatum van hierdie regulasies betaal is.
(Geteken)
|
|
© 2004 - 2011 South African Nursing Council
(Established by the Nursing Act, 1978) |