|
|
|
|
Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging
Wysiging van die regulasies betreffende Rolle vir Verpleeghulpe
Die Minister van Gesondheid het, kragtens Artikel 45(1) van die Wet op Verpleging, 1978 (Wet No. 50 van 1978), op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging, die regulasies in die Bylae uitgevaardig.
BYLAEWoordomskrywing1. In hierdie Bylae beteken “die Regulasies” die regulasies afgekondig by Goewermentskennisgewing No. R.1206 van 7 Julie 1972 soos gewysig deur Goewermentskennisgewing Nos. R.1267 van 27 Julie 1973, R.1856 van 8 Oktober 1976, R.190 van 2 Februarie 1979, R.2209 van 31 Oktober 1980, R.817 van 30 April 1982, R.2032 van 24 September 1982, R.1421 van 1 Julie 1983, R.1904 van 23 September 1988, R.2193 van 6 September 1991, R.1323 van 23 Julie 1993, R.1129 van 28 Julie 1995 en R.1129 van 23 September 1999.
Wysiging van regulasie 3 van die Regulasies2. Regulasie 3(1) van die Regulasies word hierby gewysig deur die uitdrukking “vier-en-tagtig rand en een-en-twintig sent (R84,21)” deur die uitdrukking “twee-en-negentig rand en elf sent (R92,11), BTW uitgesluit,” te vervang.
Wysiging van regulasie 5 van die Regulasies3. Regulasie 5(1)(b) van die Regulasies word hierby gewysig deur die uitdrukking “eenhonderd rand (R100)” deur die uitdrukking “eenhonderd rand en agt-en-tagtig sent (R100,88), BTW uitgesluit” te vervang.
Inwerkingtreding4. Hierdie Regulasies tree op die publikasiedatum in werking. 5. Nieteenstaande die bepalings van regulasie 4, is regulasie 2 nie van toepassing op jaarlikse gelde ten opsigte van die 2001 kalenderjaar nie. 6. Nieteenstaande die bepalings van regulasie 4, is regulasie 2 nie van toepassing op jaarlikse gelde ten opsigte van die 2002 kalenderjaar nie indien die jaarlikse gelde voor die datum van publikasie van hierdie Regulasies betaal is. 7. Nieteenstaande die bepalings van regulasie 3(2) van die Regulasies, moet die jaarlikse gelde vir die kalenderjaar 2002 nie later nie as 31 Maart 2002 betaal word.
|
|
© 2004 - 2011 South African Nursing Council
(Established by the Nursing Act, 1978) |