Goewermentskennisgewing No. R.1330
7 Desember 2001

 

Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging

 

Wysiging van die regulasies betreffende Rolle vir Verpleeghulpe

 

[Hierdie Goewermentskennisgewing is deur
Goewermentskennisgewing No. R.46 van 25 Januarie 2002 herroep.]

 

Die Minister van Gesondheid het, kragtens Artikel 45(1) van die Wet op Verpleging, 1978 (Wet No. 50 van 1978), op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging, die regulasies in die Bylae uitgevaardig.

 

BYLAE

Woordomskrywing

1.    In hierdie Bylae beteken “die Regulasies” die regulasies afgekondig by Goewermentskennisgewing No. R.1206 van 7 Julie 1972, soos gewysig deur Goewermentskennisgewings Nos. R.1267 van 27 Julie 1973, R.1856 van 8 Oktober 1976, R.190 van 2 Februarie 1979, R.2209 van 31 Oktober 1980, R.817 van 30 April 1982, R.2032 van 24 September 1982, R.1421 van 1 Julie 1983, R.1904 van 23 September 1988, R.2193 van 6 September 1991, R.1323 van 23 Julie 1993, R.1129 van 28 Julie 1995 en R.1129 van 23 September 1999.

 

Wysiging van regulasie 3 van die Regulasies

2.    Regulasie 3(1) van die Regulasies word hierby gewysig deur die uitdrukking “vier-en-tagtig rand en een-en-twintig sent (R84,21)” deur die uitdrukking “twee-en-negentig rand en elf sent (R92,11), BTW uitgesluit,” te vervang.

 

Inwerkingtreding van hierdie regulasies

3.    Hierdie regulasies tree op die publikasiedatum in werking.

4.    Ondanks die bepalings van regulasie 3, is regulasie 2 nie van toepassing nie op jaarlikse gelde ten opsigte van die 2001-kalenderjaar.

5.    Ondanks die bepalings van regulasie 3, is regulasie 2 nie van toepassing nie op jaarlikse gelde ten opsigte van die 2002-kalenderjaar indien die jaarlikse gelde voor die publikasiedatum van hierdie regulasies betaal is.

6.    Ondanks die bepalings van regulasie 3(2) van die Regulasies, moet die jaarlikse gelde vir die kalenderjaar-2002 nie later nie as 31 Maart 2002 betaal word.

     

Hierdie Web weergawe van hierdie Goewermentskennisgewing © S A Raad op Verpleging.

Gereproduseer ingevolge die Staatsdrukker se Outeursregsvergunning 7977 van 28 Junie 1983.

U mag vir u eie of vir u organisasie se gebruik afskrifte van hierdie kennisgewing maak. U mag vrylik uit hierdie kennisgewing kwoteer op voorwaarde dat u na die korrekte Goewermentskennisgewingsnommer verwys. U mag NIE afskrifte van hierdie kennisgewing verkoop nie.

Quick Links

Circular 5/2011
Annual Returns
(Get the forms)
Annual Fees 2012
(How much and how to pay)

 

 

 

© 2004 - 2011 South African Nursing Council (Established by the Nursing Act, 1978)
Disclaimer