|
|
|
|
Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging
Regulasies Betreffende Rolle vir Verpleeghulpe: Wysiging
Die Minister van Gesondheid het kragtens Artikel 45(1) van die Wet op Verpleging, 1978 (Wet No. 50 van 1978), op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging, die regulasies in die Bylae uitgevaardig.
BYLAE1. In hierdie Bylae beteken “die Regulasies” die regulasies afgekondig by Goewermentskennisgewing No. R.1206 van 7 Julie 1972, soos gewysig by Goewermentskennisgewings Nos. R.1267 van 27 Julie 1973, R.1856 van 8 Oktober 1976, R.190 van 2 Februarie 1979, R.2209 van 31 Oktober 1980, R.817 van 30 April 1982, R.2032 van 24 September 1982, R.1421 van 1 Julie 1983, R.1904 van 23 September 1988, R.2193 van 6 September 1991, R.1323 van 23 Julie 1993, R.1129 van 28 Julie 1995, R.1129 van 23 September 1999, R.1303 van 5 Desember 2001, R.1330 van 7 Desember 2001 en R.46 van 25 Januarie 2002.
Wysiging van regulasie 3 van die Regulasies2. Regulasie 3(2) van die Regulasies word hierby gewysig deur die uitdrukking “31 Januarie” deur die uitdrukking “31 Maart” te vervang.
Wysiging van regulasie 4 van die Regulasies3. Regulasie 4(1)(c) en (d) van die Regulasies word hierby gewysig deur die uitdrukking “1 Februarie” deur die uitdrukking “1 April” te vervang.
(Geteken)
|
|
© 2004 - 2011 South African Nursing Council
(Established by the Nursing Act, 1978) |