|
|
|
|
Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging
Regulasies betreffende Rolle vir Ingeskrewe Verpleegsters en Vroedvroue: Wysiging
Die Minister van Gesondheid het, kragtens artikel 45(1) van die Wet op Verpleging, 1978 (Wet No. 50 van 1978), op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging, die regulasies in die Bylae uitgevaardig.
BYLAE1. In hierdie Bylae beteken “die Regulasies” die regulasies afgekondig by Goewermentskennisgewing No. R. 3588 van 24 Oktober 1969, soos gewysig by Goewermentskennisgewings Nos. R. 1205 van 7 Julie 1972, R. 773 van 11 Mei 1973, R. 1855 van 8 Oktober 1976, R. 189 van 2 Februarie 1979, R. 2208 van 31 Oktober 1980, R. 816 van 30 April 1982, R. 1420 van 1 Julie 1983, R. 1903 van 23 September 1988, R. 2195 van 6 September 1991, R. 1321 van 23 Julie 1993, R. 1130 van 28 Julie 1995, R. 1127 van 23 September 1999, R. 1304 van 5 Desember 2001, R. 151 van 24 Januarie 2003 en R. 858 van 13 Junie 2003.
Wysiging van regulasie 3 van die Regulasies2. Regulasie 3 van die Regulasies word hierby gewysig deur – (a) die uitdrukking “eenhonderd-en-vyftien rand en nege-en-sewentig sent (R115,79), BTW uitgesluit” in subregulasie (1) met die uitdrukking “eenhonderd-sewe-en-twintig rand en negentien sent (R127,19), BTW uitgesluit” te vervang; en (b) die volgende subregulasie as subregulasie (7) in te voeg: “(7) Die jaarlikse gelde in subregulasie (1) voorgeskryf, is onderhewig aan ‘n jaarlikse verhoging van nie meer nie as die gemiddelde jaarlikse persentasie verandering in die Verbruikersprysindeks (VPI) vir die vorige jaar.”
Wysiging van regulasie 5 van die Regulasies3. Subregulasie (1) van regulasie 5 van die Regulasies word hierby gewysig deur – (a) die uitdrukking “vyftig rand (R50)” in paragraaf (a) met die uitdrukking “twee-en-vyftig rand en drie-en-sestig sent (R52,63), BTW uitgesluit” te vervang; en (b) die uitdrukking “eenhonderd-en-nege rand en vyf-en-sestig sent (R109,65), BTW uitgesluit” in paragraaf (b) met die uitdrukking “eenhonderd-sewe-en-negentig rand en sewe-en-dertig sent (R197,37), BTW uitgesluit” te vervang.
Inwerkingtreding van hierdie regulasies4. Hierdie regulasies tree in werking op die datum van publikasie in die Staatskoerant.
Oorgangsreëlings5. Paragraaf (a) van regulasie 2 van hierdie regulasies is nie van toepassing nie op jaarlikse gelde ten opsigte van – (1) die 2004-kalenderjaar; of (2) die 2005-kalenderjaar indien die jaarlikse gelde voor die publikasiedatum van hierdie regulasies betaal is.
(Geteken)
|
|
© 2004 - 2011 South African Nursing Council
(Established by the Nursing Act, 1978) |