|
|
|
|
Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging
Regulasies betreffende Rolle vir Leerlinge: Wysiging
Die Minister van Gesondheid het, kragtens artikel 45(1) van die Wet op Verpleging, 1978 (Wet No. 50 van 1978), op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging, die regulasies in die Bylae uitgevaardig.
BYLAEWoordomskrywing1. In hierdie Bylae beteken “die Regulasies” die regulasies afgekondig by Goewermentskennisgewing No. R.3736 van 14 November 1969, soos gewysig by Goewermentskennisgewings Nos. R.170 van 12 Februarie 1971, R.1207 van 7 Julie 1972, R.1648 van 20 September 1974, R.2210 van 31 Oktober 1980, R.818 van 30 April 1982 en R.1131 van 23 September 1999.
Wysiging van subregulasie (1) van regulasie 2 van die Regulasies2. Subregulasie (1) van regulasie 2 van die Regulasies word hierby gewysig deur die uitdrukking “veertig rand (R40)” deur die uitdrukking “vyf-en-sewentig rand (R75,00), BTW uitgesluit” te vervang.
Wysiging van subregulasie (1) van regulasie 4 van die Regulasies3. Subregulasie (1) van regulasie 4 van die Regulasies word hierby gewysig deur die uitdrukking “veertig rand (R40)” deur die uitdrukking “vyf-en-sewentig rand (R75,00), BTW uitgesluit” te vervang.
Inwerkingtreding van hierdie regulasies4. Hierdie regulasies tree in werking op die datum van publikasie in die Staatskoerant.
(Geteken)
|
|
© 2004 - 2011 South African Nursing Council
(Established by the Nursing Act, 1978) |