|
| |
|
Goewermentskennisgewing No. R.858
|
13 Junie 2003
|
Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging
REGULASIES BETREFFENDE ROLLE VIR INGESKREWE VERPLEEGSTERS EN VROEDVROUE: WYSIGING
Die Minister van Gesondheid het, kragtens artikel 45(1) van die Wet op Verpleging, 1978 (Wet No. 50 van 1978), op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging, die regulasies in die Bylae uitgevaardig.
BYLAE
- In hierdie Bylae beteken "die Regulasies" die regulasies afgekondig by Goewermentskennisgewing No. R.3588 van 24 Oktober 1969, soos gewysig by Goewermentskennisgewings Nos. R.1205 van 7 Julie 1972, R.773 van 11 Mei 1973, R.1855 van 8 Oktober 1976, R.189 van 2 Februarie 1979, R.2208 van 31 Oktober 1980, R.816 van 30 April 1982, R.1420 van 1 Julie 1983, R.1903 van 23 September 1988, R.2195 van 6 September 1991, R.1321 van 23 Julie 1993, R.1130 van 28 Julie 1995, R.1127 van 23 September 1999, R.1304 van 5 Desember 2001 en R.151 van 24 Januarie 2003.
Wysiging van regulasie 3 van die Regulasies
- Regulasie 3(1) van die Regulasies word hierby gewysig deur die uitdrukking "eenhonderd-en-vyf rand en ses-en-twintig sent
(R105,26), BTW uitgesluit" deur die uitdrukking "eenhonderd-en-vyftien rand en nege-en-sewentig sent (R115,79), BTW uitgesluit" te vervang.
Toepassing van hierdie regulasies
- Regulasie 2 van hierdie regulasies is nie van toepassing nie op jaarlikse gelde ten opsigte van -
(1) die 2002-kalenderjaar; of
(2) die 2003-kalenderjaar indien die jaarlikse gelde voor die publikasiedatum van hierdie regulasies betaal is.
- Ondanks die bepalings van regulasie 3(3) van die Regulasies, moet die jaarlikse gelde vir die kalenderjaar 2003 nie later nie as 31 Maart 2003 betaal word.

Hierdie Web weergawe van hierdie Goewermentskennisgewing © S A Raad op
Verpleging.
Gereproduseer ingevolge die Staatsdrukker se Outeursregsvergunning 7977
van 28 Junie 1983.
U mag vir u eie of vir u organisasie se gebruik afskrifte van hierdie
kennisgewing maak. U mag vrylik uit hierdie kennisgewing kwoteer op voorwaarde
dat u na die korrekte Goewermentskennisgewingsnommer verwys. U mag NIE
afskrifte van hierdie kennisgewing verkoop nie.
| |
|