|
| |
|
Goewermentskennisgewing No. R.859
|
13 Junie 2003
|
Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging
REGULASIES BETREFFENDE REGISTERS: WYSIGING
Die Minister van Gesondheid het, kragtens artikel 45(1) van die Wet op Verpleging, 1978 (Wet No. 50 van 1978), op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging, die regulasies in die Bylae uitgevaardig.
BYLAE
- In hierdie Bylae beteken "die Regulasies" die regulasies afgekondig by Goewermentskennisgewing No. R.3589 van 24 Oktober 1969, soos gewysig by Goewermentskennisgewings Nos. R.1201 van 7 Julie 1972, R.772 van 11 Mei 1973, R.1854 van 8 Oktober 1976, R.2206 van 31 Oktober 1980, R.814 van 30 April 1982, R.1419 van 1 Julie 1983, R.1905 van 23 September 1988, R.2194 van 6 September 1991, R.1322 van 23 Julie 1993, R.1128 van 28 Julie 1995, R.1132 van 23 September 1999, R.1305 van 5 Desember 2001 en R.149 van 24 Januarie 2003.
Wysiging van regulasie 4 van die Regulasies
- Regulasie 4(1) van die Regulasies word hierby gewysig deur die uitdrukking "eenhonderd-en-veertig rand en vyf-en-dertig sent (R140,35), BTW uitgesluit" deur die uitdrukking "eenhonderd-vier-en-vyftig rand en nege-en-dertig sent (R154,39), BTW uitgesluit" te vervang.
Toepassing van hierdie regulasies
- Regulasie 2 van hierdie regulasies is nie van toepassing nie op jaarlikse gelde ten opsigte van -
(1) die 2002-kalenderjaar; of
(2) die 2003-kalenderjaar indien die jaarlikse gelde voor die publikasiedatum van hierdie regulasies betaal is.
- Ondanks die bepalings van regulasie 4(2) van die Regulasies, moet die jaarlikse gelde vir die kalenderjaar 2003 nie later nie as 31 Maart 2003 betaal word.

Hierdie Web weergawe van hierdie Goewermentskennisgewing © S A Raad op
Verpleging.
Gereproduseer ingevolge die Staatsdrukker se Outeursregsvergunning 7977
van 28 Junie 1983.
U mag vir u eie of vir u organisasie se gebruik afskrifte van hierdie
kennisgewing maak. U mag vrylik uit hierdie kennisgewing kwoteer op voorwaarde
dat u na die korrekte Goewermentskennisgewingsnommer verwys. U mag NIE
afskrifte van hierdie kennisgewing verkoop nie.
| |
|