|
| |
|
Goewermentskennisgewing No. R.860
|
13 Junie 2003
|
Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging
REGULASIES BETREFFENDE ROLLE VIR VERPLEEGHULPE: WYSIGING
Die Minister van Gesondheid het, kragtens artikel 45(1) van die Wet op Verpleging, 1978 (Wet No. 50 van 1978), op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging, die regulasies in die Bylae uitgevaardig.
BYLAE
- In hierdie Bylae beteken "die Regulasies" die regulasies afgekondig by Goewermentskennisgewing No. R.1206 van 7 Julie 1972, soos gewysig by Goewermentskennisgewings Nos. R.1267 van 27 Julie 1973, R.1856 van 8 Oktober 1976, R.190 van 2 Februarie 1979, R.2209 van 31 Oktober 1980, R.817 van 30 April 1982, R.2032 van 24 September 1982, R.1421 van 1 Julie 1983, R.1904 van 23 September 1988, R.2193 van 6 September 1991, R.1323 van 23 Julie 1993, R.1129 van 28 Julie 1995, R.1129 van 23 September 1999, R.1303 van 5 Desember 2001 en R.150 van 24 Januarie 2003.
Wysiging van opskrif
- Die opskrif van die Regulasies word hierby gewysig deur die uitdrukking "VERPLEEGASSISTENTE" deur die uitdrukking "VERPLEEGHULPE" te vervang.
Wysiging van regulasie 3 van die Regulasies
- Regulasie 3(1) van die Regulasies word hierby gewysig deur die uitdrukking "twee-en-negentig rand en elf sent (R92,11), BTW uitgesluit" deur die uitdrukking "eenhonderd-en-een rand en
vyf-en-sewentig sent (R101,75), BTW uitgesluit" te vervang.
Toepassing van hierdie regulasies
- Regulasie 3 van hierdie regulasies is nie van toepassing nie op jaarlikse gelde ten opsigte van -
(1) die 2002-kalenderjaar; of
(2) die 2003-kalenderjaar indien die jaarlikse gelde voor die publikasiedatum van hierdie regulasies betaal is.
- Ondanks die bepalings van regulasie 3(2) van die Regulasies, moet die jaarlikse gelde vir die kalenderjaar-2003 nie later nie as 31 Maart 2003 betaal word.

Hierdie Web weergawe van hierdie Goewermentskennisgewing © S A Raad op
Verpleging.
Gereproduseer ingevolge die Staatsdrukker se Outeursregsvergunning 7977
van 28 Junie 1983.
U mag vir u eie of vir u organisasie se gebruik afskrifte van hierdie
kennisgewing maak. U mag vrylik uit hierdie kennisgewing kwoteer op voorwaarde
dat u na die korrekte Goewermentskennisgewingsnommer verwys. U mag NIE
afskrifte van hierdie kennisgewing verkoop nie.
| |
|