|
Goewermentskennisgewing No. R.277
|
15 Februarie 1980
|
|
soos gewysig deur
|
|
|
No. R.2189
|
31 Oktober 1980
|
|
No. R.815
|
30 April 1982
|
|
No. R.1818
|
23 Augustus 1985
|
Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging
Regulasies vir die Betaling van Toelaes aan Lede van die Raad
Die Minister van Gesondheid vaardig kragtens artikel 45(1) en (4)
van die Wet op Verpleging, 1978 (Wet 50 van 1978), en op aanbeveling
van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging, die volgende regulasies
uit vir die betaling van toelaes aan lede van die raad ter vervanging
van die regulasies gepubliseer by Goewermentskennisgewing R.255 van
14 Februarie 1975 soos gewysig deur Kennisgewings R.1861 van 8 Oktober
1976 en R.1513 van 21 Julie 1978:
1. Aan 'n lid wat 'n vergadering van die
raad of van 'n komitee van die raad bywoon, of anders besig is met
sake van die raad, kan-
(1) 'n ledetoelaag van tien rand (R10) vir die eerste
kalenderdag of gedeelte van 'n dag betaal word, en daarna vyf rand
(R5) vir elke twaalf (12) uur of gedeelte daarvan, insluitende die
tyd deur reis in beslag geneem indien dit meebring dat 'n lid van
sy woondorp afwesig is;
(2) 'n verblyftoelaag betaal word van-
(a) een-en-twintig rand en vyf-en-twintig sent
(R21,25) vir elke ses (6) uur of gedeelte daarvan vir die tydperk
van werklike bywoning van 'n vergadering of op die betrokke sake
indien die vergadering of sake plaasvind op die woondorp van die
lid; of
(b) een-en-twintig rand en vyf-en-twintig sent
(R21,25) vir elke ses (6) uur of gedeelte daarvan ten opsigte van
'n afwesigheid uit die woondorp van die lid van minder as
vier-en-twintig (24) uur wat nie 'n oornagverblyf meebring nie; of
(c) vyf-en-tagtig rand (R85) ten opsigte van
afwesigheid uit die woondorp van die lid van minder as vier-en-twintig
(24) uur wat 'n oornagverblyf meebring; of
(d) vyf-en-tagtig rand (R85) vir die eerste
vier-en-twintig (24) uur en daarna twee-en-veertig rand en vyftig
sent (R42,50) vir elke twaalf (12) uur of gedeelte daarvan ten opsigte
van 'n afwesigheid van meer as vier-en-twintig (24) uur uit die
woondorp van die lid;
(3) indien dit afwesigheid uit die woondorp van die
lid meebring en-
(a) indien die lid per spoor, lug of skip reis, die
werklike reisgeld per trein (insluitende bybetaling vir 'n koepee)
lugvaart of bootgeld betaal word: Met dien verstande dat 'n toelae vir
verblyfkoste nie ten opsigte van 'n reistydperk per boot betaal word
nie; of
(b) indien die lid privaatvervoer gebruik, 'n
motor-vervoertoelaag teen een van die volgende koerse: Met dien
verstande dat die afstand nie eenhonderd-en-sestig (160) kilometer
heen en terug te bowe gaan nie:
Indien die afstand eenhonderd-en-sestig (160) kilometer
heen en terug te bowe gaan, kan aan die lid een van die volgende bedrae
betaal word welke ook al die hoogste is:
(i) 'n Motorvervoertoelaag teen die toepaslike
koers vir eenhonderd-en-sestig (160) kilometer; of
(ii) 'n toelaag gelykstaande aan 'n eersteklas
reiskaartjie per trein plus bybetaling vir 'n koepee asof die lid oor
die kortste en vinnigste roete per spoor gereis het.
2. Aan die president kan, benewens die toelaes
waarna in regulasie 1 verwys word, ander toelaes betaal word waarop die
raad van tyd tot tyd mag besluit.
3. Die raad kan, in gevalle waar hy dit nodig
ag, 'n verblyftoelaag op 'n hoër skaal betaal as wat in regulasie 1
voorgeskryf word.
4. Die betaling van enige toelaag is onderhewig
aan die bepalings van artikel 45(1)(c) van die Wet.

Hierdie Web weergawe van hierdie regulasies © S A Raad op Verpleging.
Gereproduseer ingevolge die Staatsdrukker se Outeursregsvergunning
7977 van 28 Junie 1983.
U mag vir u eie of vir u organisasie se gebruik afskrifte van hierdie
regulasies maak. U mag vrylik uit hierdie regulasies kwoteer
op voorwaarde dat u na die korrekte Goewermentskennisgewingsnommer
verwys. U mag NIE afskrifte van hierdie regulasies verkoop nie.