Goewermentskennisgewing No. R.3901
12 Desember 1969

 

Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging

 

Regulasies vir Kolleges

 

Die Minister van Gesondheid het, kragtens artikel 11(1) van die Wet op Verpleging, 1957 (Wet 69 van 1957), sy goedkeuring geheg aan die volgende regulasies vir kolleges wat deur die Suid-Afrikaanse Verpleegstersraad gemaak is:-

 

Goedkeuring

1.    'n Kollege kan goedgekeur word indien-

(1)    'n geregistreerde persoon wat ook as 'n dosent geregistreer is, by die Raad as die persoon in beheer van die kollege aangedui word;

(2)    fasiliteite wat die Raad bevredig vir die onderrig van leerlinge beskikbaar is.

 

Assosiasies

2. (1)    'n Goedgekeurde skool kan om assosiasie met 'n goedgekeurde kollege aansoek doen.

(2)    Onderhewig aan die voorwaardes in die verskillende regulasies voorgeskryf, kan 'n goedgekeurde kollege aansoek doen as 'n skool vir enige van die na-basiese kwalifikasies wat deur die Raad voorgeskryf word.

 

Prerogatiewe Bepaling

3.    Nieteenstaande die voorwaardes in hierdie regulasies voorgeskryf, kan die Raad goedkeuring verleen selfs al kan daar nie aan een of meer van die voorwaardes voldoen word nie. Hierdie goedkeuring kan op voorwaardes wat die Raad mag bepaal, verleen word.

 

Toepassing op die Gebied Suidwes-Afrika

4.    Hierdie regulasies is ook in die gebied van toepassing.

 

     

Hierdie Web weergawe van hierdie regulasies © S A Raad op Verpleging.

Gereproduseer ingevolge die Staatsdrukker se Outeursregsvergunning 7977 van 28 Junie 1983.

U mag vir u eie of vir u organisasie se gebruik afskrifte van hierdie regulasies maak. U mag vrylik uit hierdie regulasies kwoteer op voorwaarde dat u na die korrekte Goewermentskennisgewingsnommer verwys. U mag NIE afskrifte van hierdie regulasies verkoop nie.

Quick Links

Circular 5/2011
Annual Returns
(Get the forms)
Annual Fees 2012
(How much and how to pay)

 

 

 

© 2004 - 2011 South African Nursing Council (Established by the Nursing Act, 1978)
Disclaimer