|
|
|
|
Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging
Regulasies Betreffende die Onderskeidingstekens en Uniforms vir Ingeskrewe Verpleegkundiges en Vroedvroue en Ingeskrewe Leerlingverpleegkundiges
Die Minister van Gesondheid het kragtens artikel 11(1) van die Wet op Verpleging, 1957 (Wet 69 van 1957), soos gewysig, sy goedkeuring geheg aan die volgende regulasies betreffende onderskeidingstekens en uniforms vir ingeskrewe verpleegsters/verpleërs en vroedvroue en ingeskrewe leerlingverpleegsters/verpleërs wat deur die Suid-Afrikaanse Verpleegstersraad gemaak is ter vervanging van die regulasies gepubliseer by Goewermentskennisgewing R.955 van 28 Junie 1963:
1. (1) 'n Ingeskrewe verpleegkundige of vroedvrou moet, tensy die Raad anders bepaal, op alle gebiede van kliniese verpleegpraktyk wit epoulette dra waaraan vasgeheg is-
(2) Nieteenstaande die bepalings van hierdie regulasies, moet 'n ingeskrewe verpleegkundige wat ook as 'n vroedvrou geregistreer is, wanneer aan diens die wapen in paragraaf (1)(a) voorgeskryf, dra, in kombinasie met die onderskeidingstekens voorgeskryf vir 'n geregistreerde vroedvrou in die regulasies betreffende die onderskeidingstekens en uniforms vir geregistreerde verpleegkundiges en vroedvroue en geregistreerde studentverpleegkundiges en studentevroedvroue. (3) Die onderskeidingstekens word slegs gedra soos voorgeskryf en nie as deel van of in kombinasie met enige ander wapen of onderskeidingstekens nie. (4) 'n Persoon wat enige bepaling van hierdie regulasie oortree, is aan 'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding met 'n boete van hoogstens twintig rand (R20) strafbaar. 2. 'n Persoon wat enige onderskeidingsteken in hierdie regulasie voorgeskryf, vervaardig, verkoop of verskaf sonder skriftelike magtiging deur die Raad, is aan 'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding met 'n boete van hoogstens vyftig rand (R50) strafbaar. 3. Wanneer 'n ingeskrewe verpleegkundige of vroedvrou of 'n ingeskrewe leerlingverpleegkundige 'n uniform dra, moet dit aan die volgende vereistes voldoen:
4. Nieteenstaande die bepalings van hierdie regulasies, hoef 'n ingeskrewe verpleegster/verpleër of vroedvrou wat lid is van die Suid-Afrikaanse Militêre Verplegingsdienste, of van die Verplegingsdienste van die Departement van Gevangenisse, nie die voorgeskrewe onderskeidingstekens te dra wanneer militêre uniform, of die uniform van die Departement van Gevangenisse, gedra word nie, tensy die Raad anders bepaal. 5. Hierdie regulasies tree in werking ses (6) maande na publikasie. 6. Hierdie regulasies is in die gebied Suidwes-Afrika van toepassing.
|
|
© 2004 - 2011 South African Nursing Council
(Established by the Nursing Act, 1978) |