|
|
|
|
Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging
Regulasies Betreffende die Onderskeidingstekens en Uniforms vir Ingeskrewe Verpleegassistente en Ingeskrewe Leerlingverpleegassistente
Die Minister van Gesondheid het kragtens artikel 11(1) van die Wet op Verpleging, 1957 (Wet 69 van 1957), soos gewysig, sy goedkeuring geheg aan die volgende regulasies betreffende die onderskeidingstekens en uniforms vir ingeskrewe verpleegassistente en ingeskrewe leerlingverpleegassistente wat deur die Suid-Afrikaanse Verpleegstersraad gemaak is:
1. (1) 'n Ingeskrewe verpleegassistent moet, op alle gebiede van kliniese verpleegpraktyk, 'n swartkleurige ronde onderskeidingsteken met die woorde "South African Nursing Council", "Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging", "Nursing Assistant", "Verpleegassistent" in silwerkleurige letters om die rand dra, tensy die Raad anders bepaal. (2) Die onderskeidingstekens word nie op die skouer gedra nie. (3) 'n Persoon wat 'n bepaling van hierdie regulasie oortree, is aan 'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding met 'n boete van hoogstens twintig rand (R20) strafbaar.
2. 'n Persoon wat die onderskeidingsteken in regulasie 1(1) voorgeskryf, vervaardig, verkoop of verskaf sonder skriftelike magtiging deur die Raad, is aan 'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding met 'n boete van hoogstens vyftig rand (R50) strafbaar.
3. Wanneer 'n ingeskrewe verpleegassistent of 'n ingeskrewe leerlingverpleegassistent 'n uniform dra-
4. Nieteenstaande die bepalings van hierdie regulasies, hoef 'n ingeskrewe verpleegassistent wat lid is van die Suid-Afrikaanse Militêre Verplegingsdienste, of van die Verplegingsdienste van die Departement van Gevangenisse, nie die voorgeskrewe onderskeidingstekens te dra wanneer militêre uniform, of die uniform van die Departement van Gevangenisse, gedra word nie, tensy die Raad anders bepaal.
5. Hierdie regulasies is ook in die gebied Suidwes-Afrika van toepassing.
|
|
© 2004 - 2011 South African Nursing Council
(Established by the Nursing Act, 1978) |