|
|
|
|
Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging
Regulasies Betreffende die Onderskeidingstekens en Uniforms vir Geregistreerde Verpleegkundiges en Vroedvroue en Geregistreerde Studentverpleegkundiges en -vroedvroue
Die Minister van Gesondheid het, kragtens artikel 11(1) van die Wet op Verpleging, Wet 69 van 1957, sy goedkeuring geheg aan die volgende regulasies betreffende die onderskeidende kentekens en uniforms vir geregistreerde verpleegsters/verpleërs en vroedvroue en geregistreerde leerlingverpleegsters/-verpleërs en leerlingvroedvroue wat deur die Suid-Afrikaanse Verpleegstersraad gemaak is ter vervanging van die regulasies gepubliseer by Goewermentskennisgewing R.937 van 28 Junie 1963, soos gewysig deur Kennisgewings R.1641 van 25 Oktober 1963 en R.1285 van 26 Augustus 1966:
1. Behoudens die bepalings van regulasie 7, moet elke geregistreerde verpleegkundige of vroedvrou onderskeidingstekens wat bestaan uit materiaal epoulette in die voorgeskrewe kleur, waaraan die voorgeskrewe wapen van die Raad en die toepaslike voorgeskrewe metaalstafies vasgeheg is, op alle gebiede van kliniese verpleegpraktyk dra, tensy die Raad anders bepaal. 2. Die kenteken van die Raad is die onderstaande ontwerp. Die kenteken is van silwer gemaak met die buitenste geletterde rand blou geëmaljeer.
3. (1) Epoulette in die volgende kleure word deur persone wat in die verskillende vertakkings van verpleging of as vroedvroue geregistreer is, gedra:
(2) 'n Persoon wat in twee of meer vertakkings van verpleging, of as 'n vroedvrou en in een of meer vertakkings van verpleging geregistreer is, dra epaulette in die kleur in paragraaf (3) voorgeskryf, en aan hierdie epaulette word, ten opsigte van die ander geregistreerde kwalifikasies, reghoekige metaalstafies, geëmaljeer in die kleure in paragraaf (1) vir epaulette voorgeskryf, geheg; met dien verstande dat registrasie as 'n verpleegkundige vir siek kinders of as 'n koorsverpleegkundige nie deur middel van metaal stafies op die epaulette aangedui word nie. (3) Waar 'n persoon in twee of meer vertakkings van verpleging geregistreer is, of as 'n vroedvrou en in een of meer vertakkings van verpleging geregistreer is en waar-
(4) 'n Persoon teenoor wie se naam enige een of meer van die volgende addisionele kwalifikasies geregistreer is, dra die toepaslike metaalstafie/s horisontaal onderkant die Raad se wapen op die voorgeskrewe epaulette:
4. [Geskrap deur R.1378 van 13 Augustus 1971.] 5. Onderskeidingstekens word slegs op 'n uniform gedra wat aan die volgende vereistes voldoen:
6. Die onderskeidingstekens word slegs gedra soos voorgeskryf en nie as deel van of in kombinasie met enige ander kenteken of wapen nie. 'n Geregistreerde persoon wat 'n bepaling van hierdie regulasie oortree, is skuldig aan 'n oortreding en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete van hoogstens twintig rand (R20). 7. Nieteenstaande die bepalings van hierdie regulasies, hoef 'n persoon wat lid is van die Suid-Afrikaanse Militêre Verplegingsdienste, of van die Verplegingsdienste van die Departement van Gevangenisse, nie die voorgeskrewe onderskeidingstekens te dra wanneer militêre uniform, of die uniform van die Departement van Gevangenisse, gedra word nie, tensy die Raad anders bepaal. 8. 'n Persoon wat 'n onderskeidingsteken in hierdie regulasies voorgeskryf sonder skriftelike magtiging van die Raad vervaardig, verkoop of verskaf, is aan 'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete van hoogstens vyftig rand (R50). 9. Hierdie regulasies is ook in die gebied Suidwes-Afrika van toepassing.
|
|
© 2004 - 2011 South African Nursing Council
(Established by the Nursing Act, 1978) |