|
|
|
|
Die Suid-Afrikaanse Raad op VerplegingRegulasies Betreffende Eksamens van die Suid-Afrikaanse Raad op VerplegingDie Minister van Nasionale Gesondheid het, op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging, kragtens artikel 45(1) van die Wet op Verpleging, 1978 (Wet No. 50 van 1978), die regulasies in die Bylae hiervan uiteengesit, uitgevaardig.
BYLAEWoordomskrywing1. In hierdie regulasies beteken "die Wet" die Wet op Verpleging, 1978 (Wet No. 50 van 1978), en het enige uitdrukking waaraan 'n betekenis in die Wet geheg is, daardie betekenis, en, tensy uit die samehang anders blyk, beteken-
Aansoek om eksamens namens die raad af te neem2. (1) 'n Verpleegskool kan by die raad aansoek doen om eksamens in hierdie regulasies bedoel namens die raad af te neem en so 'n aansoek kan deur die raad goedkeur word indien die betrokke verpleegskool-
(2) Ondanks die bepalings van subregulasie (1) kan die raad 'n aansoek goedkeur wat nie aan die vereistes van daardie subregulasie voldoen nie. (3) 'n Aansoek in subregulasie (1) bedoel-
(4) Die goedkeuring in subregulasie (1) bedoel, is onderworpe aan die voorwaardes wat die raad bepaal.
Eksamendatums3. (1) Eksamens vir voorgeskrewe kursusse word afgeneem op die datums deur die raad bepaal. (2) In die geval van eksamens wat deur 'n verpleegskool namens die raad afgeneem word, moet die persoon in beheer van die verpleegskool voorgestelde datums vir eksamens saam met die aansoek in regulasie 2 bedoel, indien.
Aansoek om toelating tot 'n eksamen4. (1) 'n Kandidaat moet 'n aansoek om toelating tot 'n eksamen by die raad indien voor of op die sewende dag van die maand, drie maande voor die maand waarin die eksamen afgeneem sal word. (2) 'n Aansoek om toelating tot 'n eksamen wat later as die datum bedoel in subregulasie (1) ingedien word, kan deur die raad aanvaar word indien dit-
5. (1) Die persoon in beheer van 'n verpleegskool moet op die aansoekvorm vir toelating tot 'n eksamen sertifiseer dat die kandidaat ingevolge die voorgeskrewe opleidingsvereistes vir die betrokke kursus geskik is vir toelating tot die eksamen vir sodanige kursus. (2) Die persoon in beheer van 'n verpleegskool moet die raad onmiddellik, met vermelding van redes, in kennis stel indien 'n kandidaat na indiening van 'n aansoek om toelating tot 'n eksamen nie meer tot die eksamen toegelaat kan word nie. 6. 'n Aansoek om toelating tot 'n eksamen word geag ooreenkomstig hierdie regulasies ingedien te wees, indien-
7. (1) 'n Kandidaat wat van 'n eksamen afwesig is op die werklike dag of dae van die eksamen om 'n rede wat vir die raad aanvaarbaar is, kan aansoek doen om toelating tot die volgende eksamen sonder betaling van die eksamengelde voorgeskryf by regulasie 16(a) of (b). (2) In die geval van afwesigheid bedoel in subregulasie (1) moet bewyse, wat vir die raad aanvaarbaar is, van die rede vir die afwesigheid by die raad ingedien word binne 21 dae na die datum van die eksamen waarvan die kandidaat afwesig was. (3) Die kandidaat in subregulasie (1) bedoel, behou krediet vir enige gedeelte van die eksamen waarin geslaag of met onderskeiding geslaag is.
Eksamenpunte en eksamenuitslae8. (1) Die verpleegskool moet die persentasiepunte wat kandidate behaal in die praktiese gedeelte voorgeskryf by die regulasies vir die betrokke kursus, voor of op die laaste dag van die maand waarin die skriftelike eksamen plaasvind, by die raad indien op die amptelike puntelys vir die praktiese gedeelte deur die raad voorsien, en sodanige puntelys moet geteken word deur die persoon in beheer van die verpleegskool. (2) In die geval van 'n eksamen wat namens die raad afgeneem word, moet alle eksamenpunte voor of op die laaste dag van die tweede maand wat volg op die maand waarin die eksamen afgeneem is, by die raad ingedien word op die amptelike puntelys deur die raad voorsien, en moet sodanige puntelys geteken word deur die persoon in beheer van die verpleegskool en deur die moderator vir die eksamen. (3) Om in 'n gedeelte te slaag, moet 'n kandidaat minstens 50% van die totale puntetal vir die gedeelte behaal en in die geval waar 'n skriftelike gedeelte uit meer as een vraestel bestaan, moet 'n kandidaat minstens 40% in elke vraestel behaal. (4) Om in 'n gedeelte met lof te slaag, moet 'n kandidaat met die eerste poging minstens 75% van die totale puntetal vir die gedeelte behaal. (5) Om in 'n kursus te slaag, moet 'n kandidaat in alle gedeeltes van die eindeksamen vir die kursus slaag. (6) Om in 'n kursus met lof te slaag, moet 'n kandidaat met die eerste poging minstens 75% van die totale puntetal vir die eindeksamen behaal en in die geval waar die eindeksamen uit meer as een gedeelte bestaan, moet 'n kandidaat minstens 65% van die totale puntetal vir elke gedeelte behaal. 9. (1) 'n Kandidaat wat druip in die skriftelike gedeelte van 'n eksamen wat deur die raad afgeneem word, kan voor of op die datum wat saam met die eksamen uitslae bekendgemaak word, by die raad aansoek doen om herevaluering, in welke geval herevalueringsgelde voorgeskryf by regulasie 16(e) betaalbaar is. (2) 'n Kandidaat wat druip in die skriftelike gedeelte van 'n eksamen wat deur 'n verpleegskool namens die raad afgeneem word, kan voor of op die datum wat saam met die eksamen uitslae bekendgemaak word, by die betrokke verpleegskool aansoek doen om herevaluering ingevolge die eksamenreëls van die verpleegskool. (3) Die uitslag van 'n herevaluering in subregulasies (1) en (2) bedoel, is finaal en bindend. (4) Ongeag die uitslag van die herevaluering word herevalueringsgelde nie terugbetaal nie.
Verdere eksamens10. (1) 'n Kandidaat wat vir die eerste keer in 'n eksamen van 'n bepaalde jaar van 'n kursus druip maar wat minstens 40% in elke gedeelte behaal het-
(2) 'n Kandidaat wat vir die eerste keer in 'n eksamen van 'n bepaalde jaar van 'n kursus druip en wat minder as 40% in een of meer van die gedeeltes behaal het-
11. (1) 'n Kandidaat wat ingevolge regulasies 10(1) of (2) vir 'n eksamen kwalifiseer maar wat versuim om binne een jaar na die einde van die maand waarin die eksamen afgelę is waarin hy gedruip het, 'n verdere eksamen af te lę, word tot 'n volgende eksamen toegelaat slegs indien hy-
(2) 'n Kandidaat in subregulasie (1) bedoel, verbeur enige krediete in regulasie 10(1) bedoel. 12. (1) 'n Kandidaat vir 'n basiese kursus wat vir 'n tweede keer in 'n eksamen van dieselfde jaar van 'n kursus druip, word tot 'n volgende eksamen toegelaat slegs indien hy-
(2) 'n Kandidaat in subregulasie (1) bedoel, verbeur enige krediete in regulasie 10(1) bedoel. 13. (1) 'n Kandidaat vir 'n nabasiese kursus wat vir 'n tweede keer in 'n eksamen van dieselfde jaar van 'n kursus druip, word vir die laaste keer tot 'n eksamen toegelaat slegs nadat hy die kursus herhaal het. (2) 'n Kandidaat in subregulasie (1) bedoel-
14. (1) 'n Kandidaat vir 'n basiese kursus wat vir 'n derde keer in 'n eksamen van dieselfde jaar van 'n kursus druip, word tot 'n verdere eksamen toegelaat slegs indien-
(2) Indien 'n aansoek ingevolge subregulasie (1)(b) goedgekeur word, word die kandidaat vir die laaste keer tot 'n eksamen toegelaat slegs indien hy-
(3) 'n Kandidaat in subregulasie (2) bedoel-
15. Waar 'n kandidaat addisionele opleiding bedoel in regulasie 11, 12 of 14 ondergaan het, moet die persoon in beheer van die verpleegskool op die aansoekvorm vir toelating tot die eksamen sertifiseer dat die kandidaat sodanige opleiding ondergaan het en die tydperk daarvan vermeld.
Eksamengelde16. Behoudens die bepalings van-
Eksamensentrums17. Eksamens word afgeneem op sodanige plekke as wat die raad bepaal.
Gedrag van kandidate tydens 'n eksamen18. 'n Kandidaat moet die instruksies van die toesighouer in beheer van die eksamen te alle tye gehoorsaam. 19. 'n Kandidaat word nie tot die eksamen toegelaat nie tensy hy homself positief kan identifiseer. 20. 'n Kandidaat word gediskwalifiseer indien hy tydens die eksamen-
21. Waar eksamens namens die raad afgeneem word, geld die eksamenreëls van die betrokke verpleegskool ten opsigte van die gedrag van kandidate tydens 'n eksamen.
Oorgangsbepaling22. Waar die raad voor die publikasie van hierdie regulasies 'n kandidaat ingelig het oor 'n tydperk van addisionele opleiding wat ondergaan moet word ooreenkomstig die regulasies wat op daardie tydstip vir 'n kursus geld, wysig hierdie regulasies op geen wyse die vorige besluit van die raad nie.
Inwerkingtreding van hierdie regulasies23. (1) Die bepalings van die regulasies gepubliseer by Goewermentskennisgewings Nos. R.83 van 16 Januarie 1970, R.85 van 16 Januarie 1970, R.254 van 14 Februarie 1975, R.880 van 2 Mei 1975, R.1658 van 3 Augustus 1979, R.1660 van 3 Augustus 1979, R.1664 van 3 Augustus 1979, R.1665 van 3 Augustus 1979, R.1669 van 3 Augustus 1979, R.1670 van 3 Augustus 1979, R.276 van 15 Februarie 1980, R.239 van 13 Februarie 1981, R.240 van 13 Februarie 1981, R.47 van 22 Januarie 1982, R.48 van 22 Januarie 1982, R.683 van 14 April 1989 R.1571 van 21 Julie 1989 gepubliseer is bly, in so verre dit betrekking het op eksamens, van krag totdat dit geskrap word en hierdie regulasies tree in werking op die onderskeie datums waarop genoemde bepalings ten opsigte van elke kursus geskrap word. (2) Ondanks die skrapping van die bepalings bedoel in subregulasie (1) bly sodanige bepalings van krag ten opsigte van 'n kandidaat wat voor die datum van sodanige skrapping tot die betrokke kursus toegelaat is.
|
|
© 2004 - 2011 South African Nursing Council
(Established by the Nursing Act, 1978) |