Goewermentskennisgewing No. R. 921
15 September 2000

 

Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging

 

Regulasies Betreffende Gelde aan die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging Betaalbaar

 

Die Minister van Gesondheid het kragtens artikel 45(1) van die Wet op Verpleging, 1978 (Wet No. 50 van 1978), en op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging, die regulasies in die Bylae uitgevaardig.

 

BYLAE

 

Woordomskrywing

1.    In hierdie regulasies het enige woord of uitdrukking waaraan 'n betekenis in die Wet geheg is, daardie betekenis.

 

Gelde

2.    Die raad kan, ten opsigte van enige inspeksie wat nodig geag woord ten einde dit in staat te stel om 'n aansoek om goedkeuring van 'n verpleegskool of enige wysiging van 'n voorwaarde opgelê met betrekking tot 'n goedgekeurde verpleegskool te oorweeg, die volgende gelde hef:

(a)    Ten opsigte van die aanvanklike inspeksie: R5 000.

(b)    Ten opsigte van elke daaropvolgende inspeksie: R3 000.

 

Herroeping

3.    Die regulasies uitgevaardig ingevolge Goewermentskennisgewing No. R. 933 van 28 Junie 1963 word hierby herroep.

 

    

Hierdie Web weergawe van hierdie regulasies © S A Raad op Verpleging.

Gereproduseer ingevolge die Staatsdrukker se Outeursregsvergunning 7977 van 28 Junie 1983.

U mag vir u eie of vir u organisasie se gebruik afskrifte van hierdie regulasies maak.  U mag vrylik uit hierdie regulasies kwoteer op voorwaarde dat u na die korrekte Goewermentskennisgewingsnommer verwys.  U mag NIE afskrifte van hierdie regulasies verkoop nie.

Quick Links

Circular 5/2011
Annual Returns
(Get the forms)
Annual Fees 2012
(How much and how to pay)

 

 

 

© 2004 - 2011 South African Nursing Council (Established by the Nursing Act, 1978)
Disclaimer