|
|
|
|
Die Suid-Afrikaanse Raad op VerplegingRegulasies Betreffende die Kursus wat Lei tot Inskrywing as VerpleegkundigeDie Minister van Nasionale Gesondheid en Welsyn het, op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging, kragtens artikel 45 (1) van die Wet op Verpleging, 1978 (Wet No. 50 van 1978), die regulasies in die Bylae hiervan uiteengesit uitgevaardig.
BYLAEWoordomskrywing1. In hierdie regulasies beteken "die Wet" die Wet op Verpleging, 1978 (Wet No. 50 van 1978), en het enige uitdrukking waaraan 'n betekenis in die Wet geheg is daardie betekenis en, tensy uit die samehang anders blyk, beteken-
Voorwaardes vir inskrywing as 'n verpleegkundige2. (1) Persoon word kragtens artikel 16 van die Wet as 'n verpleegkundige ingeskryf indien-
(2) Kandidaat wat ingevolge regulasie 7(1) vir vrystelling kwalifiseer word as 'n verpleegkundige ingeskryf slegs indien die rekord en sertifikaat bedoel in regulasie 7(1)(d), tesame met die voorgeskrewe gelde, by die raad ingedien is.
Voorwaardes vir die goedkeuring van 'n verpleegskool3. (1) Verpleegskool moet by die raad aansoek doen om 'n kursus bedoel in hierdie regulasies aan te bied. (2) Aansoek bedoel in subregulasie (1) word deur die raad goedgekeur indien-
(3) Ondanks die bepalings van subregulasie (2) kan die raad 'n verpleegskool goedkeur op voorwaardes wat wesenlik ooreenstem met die vereistes van daardie subregulasie.
Toelating tot die kursus4. (1) Kandidaat moet by die persoon in beheer van 'n verpleegskool aansoek doen om toelating tot die kursus bedoel in hierdie regulasies. (2) Sodanige aansoek moet vergesel gaan van bewys dat die kandidaat minstens in 'n akademiese standerd agt geslaag het of in besit is van 'n gelykwaardige opvoedkundige kwalifikasie. (3) (a) In die geval van 'n kandidaat wat kragtens regulasie 7(3) of (4) vir vrystelling kwalifiseer, moet sodanige aansoek vergesel gaan van bewys van lopende inskrywing as 'n verpleeghulp. (b) Die inskrywing bedoel in paragraaf (a) moet vir die duur van die kursus tot en met die datum van publikasie van die uitslae van die eindeksamen in stand gehou word, by gebreke waarvan die duur van die kursus verleng moet word met 'n tydperk gelykstaande met die tydperk waarvoor sodanige inskrywing nie in stand gehou is nie.
Duur van die kursus5. Die duur van die kursus is twee akademiese jare.
Die leergang6. (1) Kursusdoelstellings Die leergang vir die kursus moet so opgestel word dat dit lei tot die persoonlike en professionele ontwikkeling van die leerlingverpleegkundige sodat hy by voltooiing van die kursus-
(2) Kursusinhoud
(3) Kliniese opleiding
Vrystellings7. (1) Kandidaat wat gedurende die vyf jaar wat die aansoekdatum voorafgaan, sy opleiding aan 'n goedgekeurde verpleegskool gestaak het in 'n kursus wat lei tot registrasie as algemene verpleegkundige, algemene verpleegkunde en vroedvrou, algemene verpleegkundige en psigiatriese verpleegkundige of verpleegkundige (algemene, psigiatriese en gemeenskaps-) en vroedvrou, kan by aansoek en betaling van die voorgeskrewe gelde as verpleegkundige ingeskryf word indien-
(2) (a) 'n Kandidaat wat gedurende die vyf jaar wat die aansoekdatum voorafgaan, sy opleiding in 'n kursus bedoel in subregulasie (1) gestaak het sonder om in die eksamen in Algemene Verpleegkunde II of Psigiatriese Verpleegkunde II (of die ekwivalent daarvan) te geslaag het, kan, behoudens die bepalings van paragraaf (b), vrygestel word van die volle tydperk van opleiding wat deurloop is tot een akademiese jaar, plus die helfte van enige tydperk bo een akademiese jaar. (b) In die geval van 'n vrystelling bedoel in paragraaf (a) moet-
(c) Leerlingverpleegkundige aan wie daar ingevolge paragraaf (a) vrystelling van een akademiese jaar of meer toegestaan word, en wat in 'n eksamen ekwivalent aan Algemene Verpleegkunde I of Psigiatriese Verpleegkunde I geslaag het, word vrygestel van die eerstejaareksamen by regulasie 9 voorgeskryf en van onderrig in die vakke by regulasie 6 vir die eerste jaar voorgeskryf. (3) Leerlingverpleegkundige wat 'n ingeskrewe verpleeghulp is wat gedurende die vyf jaar wat die aansoekdatum voorafgaan, 'n voorgeskrewe kursus wat lei tot inskrywing as 'n verpleeghulp gevolg het en geslaag het in die eksamen wat ingevolge die betrokke regulasies vir sodanige kursus deur die raad afgeneem is, kan vrygestel word van 'n tydperk van een akademiese jaar, van die eerstejaareksamen by regulasie 8 voorgeskryf en van onderrig in die vakke by regulasie 6 vir die eerste jaar voorgeskryf. (4) (a) Kandidaat wat 'n ingeskrewe verpleeghulp is wat nie vir die vrystelling bedoel in subregulasie (3) kwalifiseer nie, maar wat slaag in 'n toelatingseksamen van die raad wat ekwivalent is aan 'n eksamen bedoel in daardie subregulasie, kan, behoudens die bepalings van paragraaf (b), vrygestel word van een akademiese jaar, van die eerstejaareksamen by regulasie 8 voorgeskryf en van onderrig in die vakke by regulasie 6 vir die eerste jaar voorgeskryf. (b) Vrystelling bedoel in paragraaf (a) is onderworpe aan die voorwaarde dat die leerlingverpleegkundige bewys moet verskaf dat hy minstens in 'n akademiese standerd agt geslaag het of in besit is van 'n gelykwaardige opvoedkundige kwalifikasie. (5) Die raad kan na goeddunke ander vrystellings verleen.
Eksamens8. (1) (a) Elke vak bedoel in hierdie regulasies word deur die raad geëksamineer ooreenkomstig die regulasies betreffende eksamens van die raad. (b) Vir die toepassing van die regulasies bedoel in paragraaf (a) word die kursus bedoel in hierdie regulasies geag 'n basiese kursus te wees. (2) Die eksamen vir die eerste jaar bestaan uit die volgende twee gedeeltes:
(3) Die eindeksamen bestaan uit die volgende twee gedeeltes:
Vereistes vir toelating tot die eksamen9. (1) 'n Kandidaat word tot die eerstejaareksamen toegelaat slegs indien hy-
(2) 'n Kandidaat word tot die eindeksamen toegelaat slegs indien hy-
Toelating tot die tweede akademiese jaar10. (1) 'n Leerlingverpleegkundige word tot die tweede akademiese jaar toegelaat slegs nadat hy in die eerstejaareksamen bedoel in regulasie 8 geslaag het of kragtens regulasie 7 daarvan vrygestel is. (2) Die datum van toelating tot die tweede akademiese jaar is die datum waarop die voorgeskrewe eksamen afgelê is, of die dag wat op die voltooiing van die eerste akademiese jaar volg, welke datum ook al die laaste is.
Toepassing van regulasies11. Behoudens regulasie 12, is hierdie regulasies van toepassing op alle kursusse in die Republiek van Suid-Afrika wat tot inskrywing as 'n verpleegkundige lei.
Oorgangsbepaling12. (1) (a) Behoudens die bepalings van paragrawe (b) en (c) en subregulasies (2) en (3) doen hierdie regulasies geen afbreuk nie aan die bepalings van die regulasies gepubliseer by Goewermentskennisgewing No. R. 1664 van 3 Augustus 1979, soos gewysig (hierna die "1979-regulasies" genoem), wat tot 31 Desember 1997 van krag bly. (b) Ondanks die bepalings van paragraaf (a) en behoudens die bepalings van subregulasies (2)(b) en (3), doen hierdie regulasies geen afbreuk nie aan die bepalings van die regulasies wat kragtens die Wet op Verpleging, 1984 (Wet No. 13 van 1984) (Ciskei), gepubliseer is by Goewermentskennisgewing No. 99 (geen datum nie) (Hierna "die Ciskei-regulasies" genoem), wat tot 31 Desember 1998 van krag bly. (c) Ondanks die bepalings van paragraaf (a) en behoudens die bepalings van subregulasie (2)(c), bly die 1979-regulasies tot 31 Desember 1998 van krag in die gebiede van die voormalige Republiek van Bophuthatswana en die Republiek van Transkei. (2) (a) Ondanks die bepalings van subregulasie (1)(a) en behoudens die bepalings van paragrawe (b) en (c) word geen persoon na 31 Desember 1994 toegelaat om hom vir 'n kursus bedoel in daardie subregulasie te laat inskryf nie. (b) Ondanks die bepalings van subregulasie (1)(b) en paragraaf (a) word geen persoon toegelaat om na 28 Februarie 1997 vir 'n kursus bedoel in die Ciskei-regulasies in te skryf nie. (c) Ondanks die bepalings van subregulasie (1)(c) en paragraaf (a) word geen persoon na 28 Februarie 1997 in die gebiede van die voormalige Republiek van Bophuthatswana of die Republiek van Transkei toegelaat om vir 'n kursus in die 1979-regulasies in te skryf nie. (3) (a) Ondanks die bepalings van subregulasie (1)(a) en (b) word die eksamens vir die kursus bedoel in daardie subregulasie vanaf 'n datum wat deur die raad bepaal word, afgeneem ooreenkomstig die bepalings van die regulasies betreffende eksamens van die raad en is die bepalings van regulasies 8, 9 en 10 van hierdie regulasies vanaf bedoelde datum op sodanige kursus van toepassing. (b) Vir die toepassing van die regulasies betreffende eksamens van die raad word die kursus bedoel in subregulasie (1)(a) en (b) geag 'n basiese kursus te wees.
|
|
© 2004 - 2011 South African Nursing Council
(Established by the Nursing Act, 1978) |