|
|
|
|
Die Suid-Afrikaanse Raad op VerplegingRegulasies Betreffende Rolle vir LeerlingverpleeghulpeDie Minister van Gesondheid het kragtens Artikel 11(1) van die Wet op Verpleging, 1957 (Wet 69 van 1957), soos gewysig, sy goedkeuring geheg aan die volgende regulasies betreffende rolle vir leerlingverpleeghulpe wat deur die Suid-Afrikaanse Verpleegstersraad gemaak is:
Besonderhede wat op die rolle aangebring moet word1. Die volgende besonderhede met ten opsigte van elke leerlingverpleeghulp op die rol aangebring word:
Toelating tot die rolle2. (1) 'n Aansoek om inskrywing in die vorm van Bylae A (tesame met die applikant se geboortesertifikaat in die geval van 'n blanke leerling) en 'n bedrag van twee-en-tagtig rand en ses-en-veertig sent (R82,46),BTW uitgesluit moet binne twee (2) maande vanaf die datum van aanvangs van opleiding by die raad ingedien word. Indien die aansoek later ingedien word, word slegs die opleiding wat twee (2) maande voor die datum van indiening deurloop is, erken.
(2) In die geval van 'n gekleurde of Indiër of Bantoe leerling, moet die name wat in die aansoek aangegee word, die name wees wat op die identiteitsdokument of bewysboek verskyn. (3) 'n Sertifikaat van inskrywing word uitgereik in 'n vorm deur die raad bepaal.
Skrapping uit die rolle3. Die naam van 'n leerling word uit die rol geskrap-
Weerinskrywing op die rolle4. (1) 'n Aansoek om weerinskrywing en 'n bedrag van twee-en-tagtig rand en ses-en-veertig sent (R82,46),BTW uitgesluit moet binne twee (2) maande na die datum van hervatting van opleiding ingedien word in die vorm van Bylae A. Indien die aansoek later ingedien word, word slegs die opleiding wat twee (2) maande voor die datum van indiening deurloop is, erken.
(2) 'n Sertifikaat van weerinskrywing word uitgereik in 'n vorm deur die Raad bepaal.
Naamsverandering5. 'n Leerling moet die Raad skriftelik in kennis stel van 'n naamsverandering deur huwelik of ander wetsproses. Die Raad kan dokumentêre of ander bewys van die verandering aanvra. In die geval van 'n huwelik, moet die huweliksertifikaat ingedien word. Dokumente word terugbesorg.
Toepassing op die gebied Suidwes-Afrika6. Hierdie regulasies is ook in die gebied van toepassing.
BYLAE A
|
|
© 2004 - 2011 South African Nursing Council
(Established by the Nursing Act, 1978) |