SANC Coat of Arms

Goewermentskennisgewing No. R. 1206
7 Julie 1972
     soos gewysig deur
No. R. 1267
27 Julie 1973
No. R. 1856
8 Oktober 1976
No. R. 190
2 Februarie 1979
No. R. 2209
31 Oktober 1980
No. R. 817
30 April 1982
No. R. 2032
24 September 1982
No. R. 1421
1 Julie 1983
No. R. 1904
23 September 1988
No. R. 2193
6 September 1991
No. R. 1323
23 Julie 1993
No. R. 1129
28 Julie 1995
No. R. 1129
23 September 1999
No. R. 1303
5 Desember 2001
No. R. 1330
7 Desember 2001
No. R. 46 (herroeping van R.1330)
25 Januarie 2002
No. R. 150
24 Januarie 2003
No. R. 860
13 Junie 2003
No. R. 704
22 Julie 2005
No. R. 1131
17 November 2006
 

Die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging

 

Regulasies Betreffende Rolle vir Verpleeghulpe

 

Die Minister van Gesondheid het kragtens artikel 11(1) van die Wet op Verpleging, 1957 (Wet 69 van 1957), soos gewysig, sy goedkeuring geheg aan die volgende regulasies betreffende rolle vir verpleeghulpe wat deur die Suid-Afrikaanse Verpleegstersraad gemaak is:

 

Besonderhede wat op die rolle aangebring moet word

1.    Die volgende besonderhede moet ten opsigte van elke verpleeghulp op die rol aangebring word:

(a)    Volle name;

(b)    woonadres;

(c)    die jaar van inskrywing;

(d)    die ingeskrewe kwalifikasie en die jaar waarin dit behaal is of dat inskrywing ingevolge artikel 12(1)(b) van die Wet toegestaan is.

 

Toelating tot die rolle

2. (1) (a)    'n Persoon wat aan die voorgeskrewe vereistes vir inskrywing as 'n verpleeghulp voldoen het, word ingeskryf met ingang vanaf die datum waarop die voorgeskrewe opleiding voltooi was, of met ingang vanaf die datum waarop die voorgeskrewe eksamen suksesvol afgelê is, welke datum ook al die laaste is.

(b)    'n Sertifikaat van inskrywing word uitgereik in 'n vorm deur die Raad bepaal.

(2) (a)    'n Aansoek om inskrywing van 'n kwalifikasie wat by 'n ander liggaam behaal is, moet in die vorm van Bylae A ingedien word en word vergesel van die volgende (indien 'n dokument in 'n ander taal as Afrikaans, Engels, Vlaams of Nederlands is, moet die oorspronklike vergesel gaan van 'n beëdigde vertaling):

(i)    Die oorspronklike sertifikaat van kwalifikasie;

(ii)    'n verklaring deur die liggaam wat dit uitgereik het, dat die sertifikaat van kwalifikasie nog geldig is;

(iii)    die besonderhede van opleiding en eksamens wat die Raad nodig ag;

(iv)    indien die applikant nie opleiding deur die taalmedium van Afrikaans, Engels, Vlaams of Nederlands deurloop het nie, 'n sertifikaat wat die Raad bevredig dat die kandidaat bedrewe is in die lees, skryf en praat van Afrikaans of Engels. Die bedrewenheid moet sodanig wees dat die applikant instruksies vir die verpleging van pasiënte kan ontvang en gee;

(v)    enige ander inligting waarop die Raad mag besluit;

(vi)    aansoekgelde van driehonderd agt-en-twintig rand en vyf-en-negentig sent (R328,95), BTW uitgesluit; met dien verstande dat die gelde nie betaalbaar is ten opsigte van 'n kwalifikasie wat in die Republiek of die gebied Suidwes-Afrika bekom is nie. Die gelde word nie terugbetaal indien die aansoek teruggetrek of laat vaar word, of wat ook al die uitslag van die aansoek mag wees nie. Die Raad kan bewys van die egtheid en geldigheid van die ingediene dokumente vereis.

[ Die bogenoemde bedrag tree vanaf 17 November 2006 in werking. Die bedrag was voorheen R300,00 gewees, BTW uitgesluit. ]

(b)    Indien 'n aansoek toegestaan word, word die applikant ingeskryf by betaling van gelde van-

(i)    vyf-en-vyftig rand en ses-en-twintig sent (R55,26), BTW uitgesluit, ten opsigte van 'n kwalifikasie wat binne die Republiek verwerf is; en

[ Die bogenoemde bedrag tree vanaf 17 November 2006 in werking. Die bedrag was voorheen R50,00 gewees, BTW uitgesluit. ]

(ii)    tweehonderd-en-negentien randen dertig sent (R219,30), BTW uitgesluit, ten opsigte van 'n kwalifikasie wat buite die Republiek verwerf is.

[ Die bogenoemde bedrag tree vanaf 17 November 2006 in werking. Die bedrag was voorheen R200,00 gewees, BTW uitgesluit. ]

(c)    'n Sertifikaat van inskrywing word uitgereik in 'n vorm wat die Raad bepaal.

 

Jaarlikse gelde

3. (1)    'n Ingeskrewe verpleeghulp betaal gelde van eenhonderd-een-en-twintig rand en drie-en-negentig sent (R121,93), BTW uitgesluit, ten opsigte van elke kalenderjaar: Met dien verstande dat 'n persoon wat die ouderdom van sewentig (70) jaar bereik het, op skriftelike aansoek van betaling van die gelde vrygestel word.

[ Die bogenoemde bedrag tree vanaf 17 November 2006 in werking en is nie van toepassing op jaarlikse gelde ten opsigte van die 2006-kalenderjaar nie. Die bogenoemde bedrag is nie van toepassing nie op jaarlikse gelde ten opsigte van die 2007-kalenderjaar indien die jaarlikse gelde voor 17 November 2006 betaal is. Die bedrag was voorheen R111,40 gewees, BTW uitgesluit. ]

(2)    Die gelde word betaalbaar op die 1ste Julie van die jaar voorafgaande aan die jaar waarvoor dit verskuldig is en moet nie later betaal word nie as 31 Maart van die jaar waarvoor dit verskuldig is.

(3)    Die gelde mag nie betaal word voor die 1ste Julie van die jaar wat die jaar waarvoor dit verskuldig is, voorafgaan nie.

(4)    Die gelde is nie betaalbaar ten opsigte van die kalenderjaar waarin 'n persoon vir die eerste keer ingevolge die Wet ingeskryf word nie.

(5)    'n Kwitansie word uitgereik in 'n vorm deur die Raad bepaal.

(6)    Die jaarlikse gelde in paragraaf (1) voorgeskryf, is nie betaalbaar deur 'n ingeskrewe verpleeghulp wat ook as 'n vroedvrou geregistreer of ingeskryf is nie.

(7)    Die jaarlikse gelde in subregulasie (1) voorgeskryf, is onderhewig aan 'n jaarlikse verhoging van nie meer nie as die gemiddelde jaarlikse persentasie verandering in die Verbruikersprysindex (VPI) vir die vorigr jaar.

 

Skrapping uit die rolle

4. (1)    Die naam van 'n verpleeghulp word uit die rol geskrap-

(a)    by afsterwe;

(b)    op versoek, met dien verstande dat 'n beëdigde verklaring in 'n vorm wat deur die Raad bepaal word, ingedien word;

(c)    by versuim om die jaarlikse gelde in regulasie 3 voorgeskryf, te betaal. Die datum van skrapping is 1 April van die betrokke jaar;

(d)    indien die persoon ook 'n geregistreerde of ingeskrewe vroedvrou is, by versuim om die voorgeskrewe jaarlikse gelde vir 'n geregistreerde of ingeskrewe vroedvrou te betaal. Die datum van skrapping is 1 April van die betrokke kalenderjaar;

(e)    op 'n besluit van die Raad ingevolge die Wet.

(2)    Die naam van 'n verpleeghulp kan uit die rol geskrap word indien 'n kwalifikasie waarop inskrywing ooreenkomstig regulasie 2(2) toegestaan was, deur die owerheid wat dit uitgereik het, ingetrek, gekanselleer of opgeskort word vanweë gedrag wat volgens die Raad se mening onbetaamlik of skandelik is.

 

Weerinskrywing op die rolle

5. (1)    'n Aansoek om weerinskrywing in 'n vorm wat die Raad bepaal tesame met die jaarlikse gelde vir die lopende kalenderjaar word ingedien, en-

(a)    indien die applikant se naam ingevolge regulasie 4(1)(b) geskrap was, 'n bedrag van agt-en-vyftig rand en sewe-en-sewentig sent (R58,77), BTW uitgesluit;

[ Die bogenoemde bedrag tree vanaf 17 November 2006 in werking. Die bedrag was voorheen R52,63 gewees, BTW uitgesluit. ]

(b)    indien die applikant se naam om 'n ander rede geskrap was, 'n bedrag van eenhonderd-nege-en-negentig rand en twaalf sent (R199,12), BTW uitgesluit; met dien verstande dat die jaarlikse gelde en die gelde nie betaalbaar is nie deur 'n applikant wat terselfdertyd om terugplasing op die register as 'n vroedvrou, of weerinskrywing op die rol vir ingeskrewe vroedvroue, aansoek doen.

[ Die bogenoemde bedrag tree vanaf 17 November 2006 in werking. Die bedrag was voorheen R181,58 gewees, BTW uitgesluit. ]

(2)    'n Sertifikaat van weerinskrywing word uitgereik in 'n vorm deur die Raad bepaal.

 

Naamsverandering

6.    'n Ingeskrewe verpleeghulp moet die Raad spesifiek skriftelik in kennis stel van 'n naamsverandering deur huwelik of ander wetsproses. Die Raad kan dokumentêre of ander bewys van die verandering vereis. In die geval van 'n huwelik, moet die huweliksertifikaat ingedien word. Stukke word terugbesorg.

 

Verandering van woonadres

7.    'n Ingeskrewe verpleeghulp moet die Raad spesifiek skriftelik in kennis stel van 'n verandering van woonadres.

 

Toepassing op die gebied Suidwes-Afrika

8.    Hierdie regulasies is ook in die gebied van toepassing.

 

BYLAE A

 

[FrontPage Save Results Component]

DIE SUID-AFRIKAANSE VERPLEEGSTERSRAAD

AANSOEK OM INSKRYWING AS 'N VERPLEEGHULP

Van

Nooiensvan (indien van toepassing)

Volle voorname

Geslag

Datum van geboorte

Adres

Woonadres vir inskrywing in die rol indien aansoek toegestaan word 

Rasse-indeling ingevolge die Bevolkingsregistrasiewet, 1950(1)   
Is u permanent in die Republiek woonagtig?

Indien permanent in die Republiek woonagtig, meld identiteitsnommer ingevolge die Bevolkingsregistrasiewet, 1950, toegewys

Is u in enige land aan 'n misdryf skuldig bevind?(2)

Is 'n aanklag van 'n misdryf in enige land teen u hangende?(2)

Is u in enige land aan professionele wangedrag skuldig bevind?(2)

Is 'n aanklag van professionele wangedrag in enige land teen u hangende?(2)

Die volgende dokumente word ingesluit. Indien 'n dokument in 'n ander taal as Afrikaans, Engels, Vlaams of Nederlands is, moet die oorspronklike vergesel gaan van 'n beëdigde verklaring(3):

(i)    Die oorspronklike sertifikaat van inskrywing (die sertifikaat word teruggestuur).

(ii)    'n Verklaring van die liggaam wat dit uitgereik het dat die sertifikaat nog geldig is.

(iii)    Die vorm van besonderhede van opleiding, ten volle voltooi deur die persoon in beheer van die inrigting waar opleiding deurloop is.

(iv)    Indien die kursus nie deur die taalmedium van Afrikaans, Engels, Vlaams of Nederlands deurloop is nie, die sertifikaat van taalbedrewenheid.

Die aansoekgelde van driehonderd rand (R300) in Suid-Afrikaanse geld word ingesluit(4).

Datum

Handtekening van applikant

 

(1)    Meld "Blank" of "Gekleurd" of "Indiër" of "Bantoe".

(2)    Indien die antwoord op enige van die vrae "ja" is, moet volle besonderhede saam met die aansoek voorgelê word.

(3)    Die raad kan ander inligting aanvra. Die raad kan bewys van die egtheid en geldigheid van die ingediene dokumente vereis.

(4)    Die gelde word nie terugbetaal indien die aansoek teruggetrek of laat vaar word, of wat ook al die uitslag van die aansoek mag wees nie. Indien 'n aansoek toegestaan word, word die applikant ingeskryf by betaling van gelde van-

(a)    vyftig rand (R50) ten opsigte van 'n kwalifikasie wat binne die Republiek verwerf is; en

(b)    tweehonderd rand (R200) ten opsigte van 'n kwalifikasie wat buite die Republiek verwerf is.

 

     

Hierdie Web weergawe van hierdie regulasies © S A Raad op Verpleging.

Gereproduseer ingevolge die Staatsdrukker se Outeursregsvergunning 7977 van 28 Junie 1983.

U mag vir u eie of vir u organisasie se gebruik afskrifte van hierdie regulasies maak.  U mag vrylik uit hierdie regulasies kwoteer op voorwaarde dat u na die korrekte Goewermentskennisgewingsnommer verwys.  U mag NIE afskrifte van hierdie regulasies verkoop nie.

© 2004 - 2010 South African Nursing Council (Established by the Nursing Act, 1978)
Disclaimer